Ysterperde brul ten bate van kinders

’n Motorfietsgroep met lede van oor die Oos-Vrystaat heen het in Bethlehem byeengekom om geld in te samel vir die Autism Lighthouse van ChangeNetSA in Môrelig, Bethlehem.


’n Motorfietsgroep met lede van oor die Oos-Vrystaat heen het in Bethlehem byeengekom om geld in te samel vir die Autism Lighthouse van ChangeNetSA in Môrelig, Bethlehem.

Die hoofdoel van die insameling was om ’n klouterraam vir die kinders op te rig.

Adele Fourie van Bethlehem, ’n semifinalis in die Mev. Heelal Suid-Afrika kompetisie en ambassadeur van ChangeNetSA, het die geleentheid op 14 Oktober gereël.

Motorfietsryers het van Dihlabeng Mall na die Autism Lighthouse in Faurestraat gery.

Daar het Fourie, asook Anita en Justice Scott, stigters van ChangeNetSA, met besoekers gesels en ’n oorsig van die organisasie se werksaamhede gegee.

Die volgende punt op die roete was die BMW-handelaar in Mullerstraat waar verversings geniet is.

“Ons wil elkeen wat by die dag se reëlings betrokke was, bedank – asook die motorfietsryers vir hul deelname,” sê Justice.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.