Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem se eerste krieketspan het op 11 Oktober teen Welkom-Gimnasium te staan gekom. Witteberg het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Janco Botha het ’n uitstekende kapteinsbeurt met 75 lopies van 99 balle gespeel. Daarna het Pieter Nel, op sy debuut vir die eerste span, 55 lopies van 42 balle bygedra – wat Witteberg se totaal na 250/10 in 44.3 beurte verhoog het. In Witteberg se beurt om die totaal te verdedig het Welkom-Gimasium se openingskolwer, Munru Heiberg, die spel bemoeilik met 82 lopies van 92 balle. Witteberg se boulers het Welkom-Gimnasium uitgeboul vir 194 lopies. Kyle Nel se spel staan uit met 3 paaltjies vir 35 lopies in 9 beurte. Witteberg het die wedstryd met 56 lopies gewen. Van links is, voor: Jayden Jacobs, Kyle, Janco, WJ Gildenhuys en Lwazi Mosea

Wys hulle is sterre met sege

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article