Atlete van die Hoërskool Trio in Kroonstad het uitstekend gevaar op die Moqhaka-hoërskole­-atletiekbyeenkoms wat op 5 Februarie aangebied is. Dié atlete spog met 61 eerste plekke, 44 tweede plekke en 27 derde plekke, en die skool is as die algehele wenner uit die 15 wat deelgeneem het, aangewys. Merinda Cronjé van Trio is as die toppresteerder van die byeenkoms aangewys, met haar prestasie van ’n eerste en ’n tweede plek in spiesgooi. Sy het dié eerste plek behaal deur die spies 46,76 m ver te werp. Sy was ook in gewigstoot eerste, in die o.17-ouderdomsgroep, met 13,37 m. Hier is Merinda ten tyde van haar deelname aan die spiesgooi-nommer, waarin sy uitblink.Foto: Verskaf


Wys haar slag

You need to be Logged In to leave a comment.