Stormsterk
wind het nagmerrie-omstandighede geskep vir brandbestryders wat veldbrande in die Oos- en Noord-Vrystaat onverpoos moes bestry.
Verwoestende brande het Sondag en Maandag in die omgewing van Bethlehem,
Fouriesburg, Kestell en Clarens in die Oos-Vrystaat, asook Kroonstad in die noorde van die provinsie ontstaan. Dat dit in uitermatige droë toestande ontstaan het en deur die wind aangeblaas is, het
brandbestryders se taak om dit onder beheer te kry erg bemoeilik.
Nooddienste en gemeenskapslede moes saamwerk om die brande onder bedwang te bring en om
diere en eiendom te beskerm.
“Brandbestryders
staar geweldige uitdagings in die gesig. Jare al word’n beroep op
die plaaslike owerhede gedoen om om in behoorlike
brandbestrydingstoerusting en -hulpbronne aan te skaf,” sê Estie Senekal, raadslid van die Dihlabeng-munispaliteit.
Die LUR vir
landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake, Elsabé Rockman, het Maandag, die Bethlehem-omgewing besoek om ‘n geraamde skadebepaling te
doen.
“Die
DA verwelkom die positiewe en vinnige reaksie deur die LUR rakende die
veldbrande. Ons simpatieteenoor
almal wat verliese gely het, asook almal wat die brande help bestry het,” sê dr.
Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier.
Christa
Ikking, streekskoodineerder van AfriForum in die Hoogland-streek, het bevestig
dat die organisasie nog besig is om statistieke rakende die veldbrande in te samel en dat terugvoering tydig gegee sal word.
Ilze
Venter van die Moqhaka-brandbestrydingsvereniging in Kroonstad het bevestig
dat die vereniging ‘n verslag saamstel oor die skade in
die Kroonstad-omgewing.
Beeldmateriaal
van die verwoestende veldbrande is wyd op die sosiale media gedeel. Die publiek word
versoek om uiters versigtig tydens die brandseisoen te wees, met die doel om veldbrande te voorkom.