Leerlinge aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem het op 8 Augustus ’n skryfskool in kreatiewe woordkuns, wat deur Skryfnet aangebied is, bygewoon. Dit is deur die skrywer Christien Neser aangebied en het skrywers, mense met professionele loopbane en leerlinge die geleentheid gegee om hul skryftalent te ontwikkel. Altesaam 21 leerlinge van gr. 8 tot gr. 12 het die skryfskool bygewoon. Skryfnet is ’n gesamentlike projek van Maroela Media en Akademia. Van links is Miya van Eden (gr. 11), Neser, Jané Dowling (gr. 11) en Rika Schutte (gr. 11).Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM