’n Hoogtepunt op vanjaar se Ignite and Revive-familiefees is die kunstenaars wat ’n draai op die verhoog kom maak.
Vrydagaand sal Duane & Okes, Carmen Basson, Jaco Bezuidenhout, Ricus Nel, Juanita du Plessis en oud-Kroonstadter Robbie Wessels hul buiging maak.
Saterdag sal Duane & Okes, Armand Hofmeyr, Andriëtte Norman, Jo Black en Droomsindroom optree.
Onbeskaamd sal Sondag op die lofprysing-en-aanbidding-geleentheid optree.
Besoek igniteandrevive.co.za vir die program waarin die vertonings en tye uiteengesit word.
Feeskaartjies kan aanlyn of by Pick n Pay Panorama, The Interior Shop en Sernick Butchery and Deli gekoop word.
Kaartjiepryse
- Vrydag-vertonings: R150 per persoon, terwyl leerlinge (sewe tot 18 jaar) R120 elk betaal;
- Saterdag-vertonings: R150 per persoon, terwyl leerlinge (sewe tot 18 jaar) R120 elk betaal;
- Naweekkaartjies: R250 per persoon, terwyl leerlinge (sewe tot 18 jaar) R200 elk betaal.
Kinders jonger as sewe jaar kry gratis toegang.