Witwarm talent deel hiér kollig

’n Hoogtepunt op vanjaar se Ignite and Revive-familiefees is die kunstenaars wat ’n draai op die verhoog kom maak.


’n Hoogtepunt op vanjaar se Ignite and Revive-familiefees is die kunstenaars wat ’n draai op die verhoog kom maak.

Vrydagaand sal Duane & Okes, Carmen Basson, Jaco Bezuidenhout, Ricus Nel, Juanita du Plessis en oud-Kroonstadter Robbie Wessels hul buiging maak.

Saterdag sal Duane & Okes, Armand Hofmeyr, Andriëtte Norman, Jo Black en Droomsindroom optree.

Onbeskaamd sal Sondag op die lofprysing-en-aanbidding-geleentheid optree.

Besoek igniteandrevive.co.za vir die program waarin die vertonings en tye uiteengesit word.

Feeskaartjies kan aanlyn of by Pick n Pay Panorama, The Interior Shop en Sernick Butchery and Deli gekoop word.

Kaartjiepryse
  • Vrydag-vertonings: R150 per persoon, terwyl leerlinge (sewe tot 18 jaar) R120 elk betaal;
  • Saterdag-vertonings: R150 per persoon, terwyl leerlinge (sewe tot 18 jaar) R120 elk betaal;
  • Naweekkaartjies: R250 per persoon, terwyl leerlinge (sewe tot 18 jaar) R200 elk betaal.

Kinders jonger as sewe jaar kry gratis toegang.

You need to be Logged In to leave a comment.