Tydens die afgelope naweek se Allegretto Interprovinsiale Eisteddfod wat in Krugerdorp plaasgevind het, is die Hoërskool Witteberg in Bethlehem se koor as die algehele Nasionale wenners in die koorafdeling aangewys. Foto: Verskaf

Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem se koor is die afgelope naweek as nasionale wenners by die Allegretto-interprovinsiale Eisteddfod aangewys.

Die Witteberg-koor het op Saterdag 1 November aan die Eisteddfod deelgeneem wat by die Laerskool Monument in Krugersdorp aangebied is. Hulle is as die nasionale wenners in die koorafdeling gekroon.

Die koor word deur Christa Groenewald en Bernette Erasmus afgerig.

“Hierdie uitsonderlike prestasie volg na verskeie rondes waarin kore van oor Suid-Afrika heen meegeding het tot by die finale ronde wat Saterdag plaasgevind het. Dit is die hoogste nasionale eer wat Witteberg se koor vanjaar kon verower,” sê Gustav Dreyer, bemarkingshoof van die Hoërskool Witteberg.

Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem se koor word deur Christa Groenewald (links) en Bernette Erasmus afgerig, hier is hulle met die trofee en eerbewys wat hulle names die koor ontvang het. FOTO: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.