Witteberg en Voortrekker se jaarlikse derby lewer naweek vol opwinding en sportiewe gees

,
Die jaarlikse derby tussen die Hoërskool Witteberg en Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, het op 30 en 31 Mei plaasgevind. ‘n Sportnaweek propvol opwinding. Dit was veral die naelskraap oorwinning deur Witteberg se eerste rugbyspan wat ondersteuners op die punte van hul stoele gehou het. Witteberg wen vir die tweede agtereenvolgende jaar die derby-wedstryd met ‘n eindtelling van 34-33 op die telbord.
Die jaarlikse derby tussen die Hoërskool Witteberg en Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, het op 30 en 31 Mei plaasgevind. ‘n Sportnaweek propvol opwinding. Dit was veral die naelskraap oorwinning deur Witteberg se eerste rugbyspan wat ondersteuners op die punte van hul stoele gehou het. Witteberg wen vir die tweede agtereenvolgende jaar die derby-wedstryd met ‘n eindtelling van 34-33 op die telbord. Credit: Verskaf

Die jaarlikse derby tussen die Hoërskool Witteberg en die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, het weer eens ‘n opwindende sportnaweek opgelewer. Die Hoërskool Witteberg was vanjaar die gasheer van die derby wat op 30 en 31 Mei plaasgevind het.

Tydens die hoogtepunt op die Bethlehem-sportkalender, het nie net die Bethlehem-gemeenskap bankvas agter die spelers van die twee skole gestaan nie, maar oud-leerlinge en besoekers van oraloor het die spanne ondersteun. Die gees was tasbaar en uitstekende spel is deur al die spanne gelewer.

Witteberg spog met ses oorwinnings uit die 11 hokkiewedstryde, waarvan drie wedstryde gelykop gespeel het. Dit was ook Witteberg se eerste rugbyspan wat vir die tweede agtereenvolgende jaar in ‘n naelbytwedstryd vir groot opwinding gesorg het. Hulle het weer soos  verlede jaar in die laaste minute van die wedstyd die bordjies verhang deur Voortrekker met ‘n eindtelling van 34 -33 op die telbord te kon klop. Pieter Nel, Witteberg se kaptein is ook as speler van die wedstyd aangewys.

Voortrekker se netbal was kookwater en het met skitterende spel die netbal oorheers. Vanuit die staanspoor het Voortrekker se eerstespan die spel oorheers en het na die eerste kwart  11-8 voorgeloop.  Chloë Opperman, Voortrekker se hoofdoel,  is as speler van die wedstryd aangewys. Die span het met ‘n eindtelling van 51-36 op die telbord koning gekraai. 

Die kragmetings is deel van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks en die volledige uitslae is as volg:

Rugby Uitslae:

Eerste span: Witteberg 34 – BVHS 33

Tweede span: Witteberg 17 – BVHS 32

Derde span: Witteberg 21 – BVHS 19

o.16A: Witteberg 18 – BVHS 14

o.16B: Witteberg 0 – BVHS 60

o.15A: Witteberg 16 – BVHS 22

o.15B: Witteberg 24 – BVHS 22

o.14A: Witteberg 3 – BVHS 55

o.14B: Witteberg 0-  BVHS 26

Hokkie: Meisies

Eerste span: Meisies: Witteberg 3 – BVHS 3

Tweede span: Meisies: Witteberg 1 – BVHS 5

Derde span: Meisies: Witteberg 1 – BVHS 5

o.16A: Meisies:  Witteberg 1 – BVHS 1

o.16B Meisies: Witteberg 2 – BVHS 0

o.14A: Meisies: Witteberg 1  – BVHS 0

o.14B: Meisies: Witteberg 0  – BVHS 2

Hokkie: Seuns

Eerste span: Witteberg 2 – BVHS 2

Tweede span: Witteberg 5 –  BVHS 0

o.16A: Seuns: Witteberg 3 – BVHS 0

o.14A: Seuns: Witteberg 5 –  BVHS 0

Netbal:

Eerste span: Witteberg 36 – BVHS 51

Tweede span: Witteberg 19 – BVHS 23

Derde span: Witteberg 17 –  BVHS 24

o.19D: Witteberg 22 – BVHS 6

o.19E: Witteberg 11 – BVHS 15

o.16A: Witteberg 22  –  BVHS 29

o.16B: Witteberg 16 –  BVHS 17

o.15A: Witteberg 18 – BVHS 20

o.15B: Witteberg  29 – BVHS 13

o.15C: Witteberg  12 – BVHS  9

o.14A: Witteberg  20 –  BVHS 8

o.14B: Witteberg 23 – BVHS 8

o.14C: Witteberg 13 – BVHS 9

o.14D: Witteberg 6 -BVHS 4

Die derby is deurlopend gekenmerk van goeie sportmanskap en -gees. 

You need to be Logged In to leave a comment.