Winter wakker nood weer aan

ChangeNetSA se Blousak-projek, wat bykans vyf jaar gelede begin is om tweedehandse klere en huishoudelike artikels in te samel, word steeds volhoubaar bestuur.


ChangeNetSA se Blousak-projek, wat bykans vyf jaar gelede begin is om tweedehandse klere en huishoudelike artikels in te samel, word steeds volhoubaar bestuur.

Die gemeenskap van Bethlehem en omgewing word aangemoedig om klere en ander artikels wat hulle nie meer benodig nie na die pakhuis van ChangeNetSA op die hoek van Union- en Naudéstraat in Bethlehem te neem. Verskeie organisasies, skole en kerke het insamelings hiervoor gedoen.

ChangeNetSA se doel is om gemeenskapsbetrokkenheid aan te moedig, sodat dieselfde gemeenskap weer daaruit kan baat vind.

Die skenkings is nie net vir behoeftiges nie; entrepreneurs wat tweedehandse artikels wil aankoop om te verkoop klop by die pakhuis aan.

Met die winter wat voorlê, benodig ChangeNetSA se pakhuis skenkings van veral wintersklere en komberse. Vir inligting besoek die pakhuis.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.