Inwoners van Kroonstad en omgewing kan verskeie winskopies by The Charity Shop by Buitekantstraat 39 vind. Klere, huisware en bykomstighede – nuut en gebruik – word te koop aangebied.
Die winkel kan Maandae, Woensdae en Vrydae van 09:00 tot 15:00 besoek word. Bel Hazel Dell by 082-976-8419.