Die Augustuswinde ruk-ruk nog sporadies aan die vensters van ons binnekamers, maar die lente is hier.
Oornag is alles in ’n amperse uitbundigheid geverf, met skakerings van groen en kleurvolle helderheid, weg van die vaal en eentonige monotone ritme wat winter was en verpersoonlik.
In dié seisoen word ons almal met verskeie aspekte van menswees gekonfronteer.
Soos met ’n nuwejaarsvoornemenuwe-jaar voorneme, staan menig mens voor ’n spieël en betrag die skade van te veel eet en te min oefen in die voorafgaande maande. AnderMenige mens staan en staar voor ’n spieël met dowwe oë, en is die kleurvolle helderheid net nog ’n donker kol op ’n siel wat smag, maar wat in neerdrukkende stiltes van koud gekamoefleer bly. Ander jubel weer, en bevry hulself in ’n metamorfose net soos ’n vlinder.
Die betekenis van lente is legio vir verskeie redes.
Dalk maak ons as mens, op ’n gegewe oomblik, te veel of te min sin van sekere gebeurtenisse op ons pad. Omstandighede, seisoene, en alles wat vloei in ’n onstuimige stroom wat baie ken as, en kan beaam met ’n skud van die kop, as die dae van ons lewe.
Daar is baie wat mens kan leer in die wisselende migrasie van groei en veranderinge. Hoe gaan die ou sêding nou weer? “Die dood, belasting en verandering is die enigste standvastige waarhede wat niemand van ons kan ontsnap nie!”
Dalk is die boodskap van lente juis dit. Dat dat alles tydelik van aard is. Dowwe oë, uitbundige metamorfose of ’n vaste besluit om iets te verander, is alles deel van die eb-en-vloed van die komplekse.
Dit noop ons dalk om kern belangrike konsepte weer ons eie te maak, en hulp te vra waar nodig wat dalk gedurende ’n periode van winter gesneuwel het.
Waarhede wat insluit dat ons uniek is en verander soos wat die seisoene kom en gaan.
Dat ons verledes gesien moet word as ’n avontuur en ’n biografie wat ons dalk verander het, maar nie ons hede en toekoms hoef te bepaal nie. Dat die besef tot ons moet deurdring dat daar geen reg of verkeerd is om enigiets te doen of te laat werk nie, solank die definisie van integriteit en respek vir jouself as maatstaf daaroor gehou kan word.
Dat ons soms die veiligheid van ons binnekamer moet verlaat, die spinnerakkekop webbe afstof en as die noodsaaklikheid daarvoor dringend is, ’n verfkwas op te tel en die ou bleek of vuil mure ’n nuwe laag verf in ons eie keuse te gee. As ons nie van die eindresultaat hou nie? Die wete te hê, dat daar steeds baie ander kleure is wat dalk mag werk.
Vir my is lente soos ’n ou gevegskunsuitdrukking wat ek so effens aanpas.
Alles wat mooi, goed en behoudend is, en wat agter my staan, beskerm dit met alles binne my vermoë. Die lesse van die lewe wat my omvorm het tot die mens wat ek vandag is, en langs my staan, respekteer dit met deernis en verstaan. Alles wat my af druk, my negatief maak, my pad vol slaggate laat en teen my werk om my te verhinder om die beste weergawe van myself te wees, geen genade daarvoor te wys nie, en te beveg met alles wat ek in my arsenaal het.
Mag jou lente, die seisoen, spesiaal wees. Mag jy die lirieke kies vir jou liedjie wat begin met: “Dis heerlike lente, die winter’s verby . . .”