Wie nie stem nie, wen nie

Kroonstad is die Vrystaatse finalis in Kwêla op kykNET se se Dorp van die jaar-kompetisie en sal teen agt ander dorpe meeding om as die algehele wenner aangewys te word.

Verkeerseilande in Kroonstad is deur sakeondernemings aangeneem en verfraai.Foto’s: Verskaf

Credit: SYSTEM

Kroonstad is die Vrystaatse finalis in Kwêla op kykNET se se Dorp van die jaar-kompetisie en sal teen agt ander dorpe meeding om as die algehele wenner aangewys te word.

Almal wat wil hê Kroonstad moet wen, kan van Sondag 17 Julie om 19:00 tot Vrydag 22 Julie om 12:00 hul vingers die praatwerk laat doen.

Die stemproses sal via SMS geskied, teen R1,50 ’n SMS, en slegs 30 stemme per telefoonnommer sal toegelaat word.

Gratis SMSe geld nie.

Om te stem, SMS die woord “Kroonstad” na 33157.

Kroonstad se kans om te wen hang direk af van stemmers se deelname.

Die algehele wenner sal op Sondag 31 Julie aangekondig word.

Die wendorp sal R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET ontvang, en Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 45-sekonde-advertensie oor die dorp maak, wat in kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word.

Daar sal ook ’n groot KIA Dorp van die jaar-makietie in die wendorp gehou word, wat musiek, kos, pret en baie van die wendorp-gees sal bied.

Kwêla sal die makietie vir uitsaaidoeleindes verfilm.

You need to be Logged In to leave a comment.