Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks: Vuurwarm skole-aksie op sportvelde

Groot opwinding het in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks geheers toe die Hoërskool Witteberg van Bethlehem teen die Hoërskool Trio van Kroonstad in Bethlehem kragte gemeet het, en die Hoërskool Voortrekker wat die sportvelde oorheers het in hul uitdaging teen die Goudveld-Hoërskool in Welkom.


Groot opwinding het in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks geheers toe die Hoërskool Witteberg van Bethlehem teen die Hoërskool Trio van Kroonstad in Bethlehem kragte gemeet het, en die Hoërskool Voortrekker wat die sportvelde oorheers het in hul uitdaging teen die Goudveld-Hoërskool in Welkom.

Op Saterdag 20 April het Trio se eerste rugbyspan koning gekraai in ’n naelbytwedstryd teen Witteberg toe hulle die wedstryd met ’n eindtelling van 20 – 17 op die telbord wen. Uit die nege rugbywedstryde het Witteberg vyf gewen en die o.14A-spanne het gelykop met ’n eindtelling van 22 elk gespeel. Trio se eerstespan, die o.15A- en B-rugbyspanne was onoorwonne in hul kragmetings. Op die netbalbaan was dit Witteberg wat Trio oorweldig gedreun het en die tuisspan het slegs twee van die 13 netbalwedstryde verloor.

Witteberg se eerste netbalspan klop Trio met ’n eindtelling van 43 – 24.

Die hokkie uitdagings het onderskeidelik op Dinsdag 16 April, en Vrydag 19 April en Saterdag plaasgevind. Uit die nege wedstryde was dit Trio wat die voortou geneem het deur vyf van die nege wedstryde te wen. Trio se eerste seunshokkiespan wen hul wedstryd met 3 – 1 en Witteberg se eerste meisieshokkiespan wen hul wedstryd met ’n eindtelling van 5 – 1 op die telbord.

Die Hoërskool Voortrekker het behoorlik met sy gasheer, die Goudveld-Hoërskool, in Welkom die vloer gevee. Die Trekkers het van die staanspoor af al die sportvelde Saterdag oorheers.

Voortrekker se eerste netbalspan het hul onoorwonne rekord in die Wesgrow-netballiga voortgesit deur Goudveld-Hoërskool met ’n skitter-telling te klop. Die derde kwart van die wedstryd was by verre die hoogtepunt met ’n wegbreek-telling van 34 - 14 en spog met ’n eindtelling van 46 - 22. Voortrekker slaag daarin om 12 uit hul 15 wedstryde te wen.

Op die hokkieveld was dit ook Voortrekker se eerste meisie-hokkiespan wat hul wedstyd met ’n oortuigende 5 – 0 wen, en Voortrekker se eerste seuns-hokkiespan wen hul wedstyd met 1 – 0. Uit die tien hokkiewedstryde het Voortrekker slegs een verloor en een gelykop gespeel. 
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.