GC Solar is ’n toonaangewende Suid-Afrikaanse verskaffer van stelsels vir die benutting van hernubare energie.
Dié onderneming bied ongeëwenaarde diens wat betref die verspreiding van fotovoltaïese oplossings in Suid-Afrika en Afrika vir netwerkgebonde, netwerklose en hibriede stelsels.
GC Solar-panele is ’n belegging waarby verbruikers en die omgewing albei sal baat. GC Solar lewer projekte wat kostedoeltreffend en volhoubaar is en ’n opbrengs op belegging vir die kliënt bied.
Hoë werkverrigting is ’n kenmerk, en sonkragprodukte van goeie gehalte word van die mees betroubare vervaardigers van oor die wêreld heen verkry.
“Sonpanele bied aan die kliënte die opbrengs op belegging wat hulle vereis en is verreweg ons gewildste verkoper. Al die ander toerusting dra daartoe by dat die stelsels optimaal werk en gee aan die kliënt die gemak en versekering dat hulle altyd krag sal hê,” sê Peet Pelser, eienaar van GC Solar in Bethlehem.
Hoewel die onderneming in Bethlehem reeds drie jaar bestaan, het dit op 1 November onder die nuwe naam GC Solar begin handel dryf.
Peet as eienaar, FP Pelser as bestuurder en installeerder, asook Chanay Viljoen in haar rol by ontvangs en administratief, is kliënte behulpsaam met uitstekende diens.
GC Solar se hooftak is in Centurion geleë, en daar is ook ’n tak in Ballito, KwaZulu-Natal.
Die Bethlehem-tak kan by Kerkstraat 10 besoek word, of maak gebruik van die aanlyn winkel by onlineshop.gcsolar.co.za.
Skakel 058-303-0707 of stuur e-pos na bethlehem@gcsolar.co.za vir meer inligting.