Die Oos- en Noord-Vrystaat het sedert die begin van Oktober goeie reën gehad – dit is ook die begin van die amptelike reëntyd in die Vrystaat. Volgens Len Smith van Kroonstad het die dorp in Oktober 111 mm reën gekry en is die syfer vir November reeds 113 mm. “In Bethlehem het ons 110 mm vir Oktober gemeet en in November 120 mm,” het Isoldé Laesecke voor die afgelope naweek bevestig. Die poel reënwater waarin dié wolke en bome weerkaats, is in Kroonstad opgemerk.­Foto: Tinkie Hattingh


Weerspieël dorp se goeie reënval

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article