Wag om deur inwoners aangemeld te word

Wag om deur inwoners aangemeld te word

Goldberglaan in Panorama, Bethlehem, is nie die enigste straat in dié dorp wat in ’n verwaarloosde toestand is nie. Inwoners word versoek om foto’s van strate in ’n haglike toestand te neem en dit met volle besonderhede aan te meld. Dit sal op ’n voorkeurlys aangebring word en aan die Dihlabeng-munisipalteit se paaie-afdeling oorhandig word met die oog op herstelwerk. Dihlabeng sal die grootste probleemgebiede volgens die lys kan identifiseer. Isoldé Laesecke, onafhanklike raadslid, moedig inwoners aan om foto’s, met die staatnaam en gebied, per WhatsApp aan haar te stuur by 083-956-4221. “Daar is ongelukkig baie werk te doen in al vyf die dorpe wat onder die Dihlabeng-munisipaliteit val. Tydens die aanpassingsbegroting is daar wel R4 miljoen vir die herstel van paaie toegeken,” sê Laesecke.Foto: Isoldé Laesecke

Credit: SYSTEM

Wag om deur inwoners aangemeld te word

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.