Vyf verskyn in hof ná aanranding op broers

Vyf mans van Bethlehem, AJ Veldman, Brendan Veldman, Duan Viljoen, Willem Hendrik Viljoen en Wiaan Viljoen, wat van poging tot moord, ontvoering en dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem is, sal weer op 8 November in die Bethlehemse landdroshof


Vyf mans van Bethlehem, AJ Veldman, Brendan Veldman, Duan Viljoen, Willem Hendrik Viljoen en Wiaan Viljoen, wat van poging tot moord, ontvoering en dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem is, sal weer op 8 November in die Bethlehemse landdroshof verskyn. Dit kom ná die ernstige aanranding van die broers Dirk (41) en Herman Hoffeldt (37) op 15 Oktober.

Polisiewoordvoerder AO Mmako Mophiring het bevestig dat Herman baie ernstig in die voorval beseer is.

You need to be Logged In to leave a comment.