Vullis kry ’n doel

Engo-gesinsorg in Kroonstad bied vandeesweek die kursus Toys out of Trash vir sowat 30 belangstellendes aan.


Engo-gesinsorg in Kroonstad bied vandeesweek die kursus Toys out of Trash vir sowat 30 belangstellendes aan.

Die kursusgangers sluit in ouers, asook betrokkenes by vroeëkinderontwikkeling-sentrums.

Dit word op Donderdag 25 April en Vrydag by die Phephetso Secondary School in Maokeng aangebied.

Kursusgangers sal vaardighede aanleer om speelgoed uit herwinbare materiaal te maak.

“Samewerking tussen verskillende organisasies en departemente is uiters noodsaaklik vir omvattende dienslewering aan die gemeenskap,” meen Hlologelo Montjane, maatskaplike werker van Engo-gesinsorg.

“Met die fokus op kinderontwikkeling het Engo-gesinsorg hande gevat met terapeute van die departement van onderwys se distriks-ondersteuningsdienste, voorheen bekend as die Kinderleiding­kliniek, om inligting aangaande vroeë kinderontwikkeling, asook aktiwiteite om jong kinders se vaardighede te ontwikkel, aan belangstellendes te verskaf.”

Engo-gesinsorg het sy dankbaarheid teenoor die organiseerders, sake­ondernemings en belang­hebbendes uitgespreek vir hul bydraes en skenkings.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.