Op die Vrystaatse skole-atletiekvereniging se eerbewysgeleentheid in samewerking met die SP Barkhuizen-trust is ses atlete uit Bethlehem en een uit Kroonstad vereer wat goue medaljes op nasionale vlak ontvang het.
By die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein op Saterdag 26 Oktober is Coenraad Janse van Vuuren, ’n leerling aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem (BVHS), as beste seunsatleet in die Vrystaat aangewys vir sy deelname in hamergooi.
Die volgende atlete van die BVHS het ook erkenning vir hul goue medaljes ontvang:
- Liam-Lloyd Doman (10 000 m-stap);
- Ixoré Cilliers (paalspring);
- Carise van Rooyen (800 m); en
- Liesa Kruger (1 500 m).
Gerhard Bossert van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem het vir sy goue medalje in die 2 000 m-hinderniswedloop erkenning ontvang, en Anika Lotter van die Hoërskool Trio in paalspring.
Atlete wat goue medaljes ontvang het in die Suid-Afrikaanse kampioenskap vir laer- en hoërskole, in dié vir skole vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes (LSEN), asook landloop op nasionale vlak, is vereer.