Benewens die doelwitte om in te lig en te vermaak, asook om ’n waghond-rol in die samelewing te speel, is dit vir ’n plaaslike koerant van groot belang om met sy lesers en hul behoeftes in voeling te bly. VrystaatKroon hoor daarom graag van sy getroue lesers. Die Hoërskool Ficksburg is oortuig dat dié skool se personeellede beslis VrystaatKroon se grootste aanhangers is. Hulle kan nie wag vir Woensdae waarop hulle die koerant kan lees nie. Hier is die personeel met ’n onlangse uitgawe van die koerant, met boonop krone uit die koerant gemaak om hul ondersteuning te toon.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM