Vroue leer meer oor gebruike van kruie

Die Kroonstad-tak van die Vrouelandbou-unie (VLU), het ’n suksesvolle brood- en kruiewerksessie aangebied.


Die Kroonstad-tak van die Vrouelandbou-unie (VLU), het ’n suksesvolle brood- en kruiewerksessie aangebied.

Op Saterdag 16 November is VLU-lede en belangstellendes deur die bekende kruiekenner Maryna Serfontein van Kroonstad toegepreek oor die magdom gebruike van kruie.

Ds. Joe Müller het die oggend op gepaste wyse geopen.

Van die kos en drinkgoed tot die tafelversierings was deel van die kruie-tema.

VLU-lede se handwerk is uitgestal en Ina Jagga het oor die organisasie se bedrywighede uitgebrei.

Die oggend is deur 110 vroue in Kroonstad bygewoon.


Madli Grobbelaar

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.