Vroue druk stempel af

Die prokureursfirma Basson, Olivier en Coetzee is ’n vertroude naam in Kroonstadse huishoudings, maar bedien bowendien kliënte van oor die Vrystaat heen. Dit is vir die firma ’n voorkeursaak om al sy kliënte in die komplekse veld van die reg by te st


Die prokureursfirma Basson, Olivier en Coetzee is ’n vertroude naam in Kroonstadse huishoudings, maar bedien bowendien kliënte van oor die Vrystaat heen. Dit is vir die firma ’n voorkeursaak om al sy kliënte in die komplekse veld van die reg by te staan en te help koers hou.

Izana Olivier en Audrey Coetzee het in die afgelope 8-agt jaar hul stempel as dinamiese vroueprokureurs afgedruk. Die twee is dit eens dat die sukses van hul firma met harde werk en baie deursettingsvermoë gepaardgaan.

“Ons is absoluut geseënd, en dit is met genade van Bo dat ons vanjaar ons agtste bestaansjaar kan vier. Ons was bevoorreg om ? ongelooflike en baie opwindende pad saam te kon stap, en is beslis opgewonde oor wat die toekoms inhou.”

Hulle is dankbaar om die geleentheid saam met Vrouemaand te vier en sê as werkende ma’swat gesinne het, is dit soms ? uitdaging om al die balle gelyk in die lug te hou – maar danksy hul ongelooflik ondersteuningsnetwerke kan hulle maklik die fokus behou. Hulle bedank graag hul ouers, maar veral hul ma’s, Annalize Nothnagel en Annetjie Parsons, vir hulle gebede en wyshede wat hulle help staande hou.

Albei twee is gebore en getoë Kroonstadters en is dankbaar dat hulle hier kan praktiseer om só in hul eie gemeenskap terug te ploeg. Hulle is ook baie dankbaar vir hul baie getroue vroulike personeellede wat die firma geanker hou. Dan natuurlik vVir elke kliënt se volgehoue ondersteuning sê hulle opreg dankie.

Die firma word uit een van Kroonstad se merkwaardige ou geboue in Markstraat bedryf, en mense kan gerus daar gaan inloer.

  • Nasionale Testamentweek word van 12 tot 16 September aangebied. en hul nooi bBestaande en voornemende kliënte word genooi om van die gratis diens gebruik te maak wat tydens hierdie veldtog deur samewerkende firmas soos Basson, Olivier en Coetzee gelewer word.

You need to be Logged In to leave a comment.