Vrot appels bederf die hele pluksel

Onlangs kry ek die eerste keer in ’n baie lang tyd die geleentheid om skolerugby van hoogstaande gehalte in ’n stadion te gaan kyk.


Onlangs kry ek die eerste keer in ’n baie lang tyd die geleentheid om skolerugby van hoogstaande gehalte in ’n stadion te gaan kyk.

So met die intrapslag voel ’n mens die stadion is gelaai met opwinding en ’n energie wat ek lanklaas beleef het.

Daar is niks so lekker soos goeie sportmangees en uitstekende rugby wat goed ondersteun word nie.

So in my enigheid staan ek langs die veld en verwonder my aan die talent wat elke skool hier op ’n skinkbord vir toeskouers bied. Die spelers is honger vir die kragmetings en lewer van die beste spel wat ek nog gesien het. Indrukwekkende rugby word deur albei skole gespeel.

Duskant my sit drie klein mannetjies – ek skat hulle so nege of tien jaar oud.,eEk is verstom oor hul kennis van die spel en luister aandagtig na hul uitgebreide kommentaar. Hulle wys die hoë en lae “tackles” uit, en natuurlik juig hulle luidkeels wanneer punte aangeteken word.

’n Fotograaf kom nadergestap en ek neem aan hy het ook na die drie se kommentaar geluister. en Hy vra sommer so in die verbyloop by of hulle kan sien hoe onregverdig die skeidsregter is. Een van die jongmanne hak af: “Nnee, oOom. eEk glo hy blaas reg; dit is my oom.”

Die man glimlag en stap verder.

Ek staan en dink by myself, ek is nou regtig hier om ’n eindstryd te kom kyk wat ek geweet het vir hope opwinding gaan sorg. Dan sal daar nou altyd een of twee mense wees wat op die een of ander manier wil gal braak.

Ek glo die groter prentjie van die dag was om goeie skolesport in goeie gees te geniet. Nodeloos om te sê het snedige aan- en opmerkings oor die dag se briljante skolesport na die sosiale media oorgespoel. Dit is absoluut onaanvaarbaar, en nie regverdig teenoor elke speler wat daar was om sy hart uit te speel nie.

Ek hoop dit laat diegene wat hulle aan sulke gedrag skuldig maak met ’n bietjie stof tot nadenke.

You need to be Logged In to leave a comment.