Twee oud-Vrystaters die bekende Jannie du Plessis en Freddie Fourie het voor hul wegspring aan die uitmergelende Munga-bergfietswedren wat van Bloemfontein tot Wellington strek, op uitnodiging by die Johan Slabbert-skool in Kroonstad besoek afgelê.
Dié skool ondersteun Du Plessis en Fourie se projek van They Ride Along-stigting waarin die twee fietsryers hulde bring en bewusmaking skep by ouers wat hul kinders aan die dood afgestaan het.
Du Plessis, oud-Springbok en Oos-Vrystater se seuntjie, Jan Nataniël, het in November 2021 verdrink toe hy 11 maande oud was.
Fourie, Du Plessis se boesemvriend se dogter Cailin (19) is ’n jaar later in ’n motorongeluk dood.
Die twee woon en werk deesdae in die Wes-Rand Gauteng, waar Du Plessis praktiseer as dokter en Fourie sy eie onderneming bedryf.
Die stigting is hulle gestig om hoofsaaklik ouers te ondersteun wat ook kinders aan die dood afgestaan het, maar wil ook minder bevoorregte kinders se sporttalent help ontwikkel en mediese sorg aan hulle bied.
“Die stories van die twee gesinne lê na aan Johan Slabbert-skool se hart en ons wou hulle graag voorspoed toewens met die Munga en die doel hoekom hulle die rit aanpak. “Die personeel, leerlinge en inwoners van Kroonstad het hulle op Maandag 27 November opgewonde by die skool met ballonne en ondersteuningsboodskappe ingewag,” sê Marlene Heyns van die Johan Slabbert-skool.
Tydens die geleentheid kon almal saam kuier en foto’s neem waarna die personeel van die skool die twee vir ontbyt geneem het voordat hulle die pad na Bloemfontein aangepak het.
Die Munga-bergfietswedren het op Woensdag 29 November in Bloemfontein begin en het op Maandag 4 Desember in Wellington geëindig en het oor 1 200 km gestrek.
Du Plessis het Maandag omstreeks 09:00 die strawwe wedren voltooi waarna Fourie ook klaargemaak het.