Vrektes ondersoek

Kommer heers oor blou­wildebees-vrektes op die terrein by Bossiespruit, Kroonstad, van die skool van ingenieurs van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW).


Kommer heers oor blou­wildebees-vrektes op die terrein by Bossiespruit, Kroonstad, van die skool van ingenieurs van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW).


VrystaatKroon
is op verskeie geleenthede deur erg bekommerde gemeenskapslede gekontak oor weeklikse vrektes onder dié diere.

Daar word vermoed dat oorbewyding en ’n tekort aan voedsame kos en water die oorsaak hiervan kan wees.

In antwoord op ’n navraag aan die DBV in Kroonstad het die organisasie bevestig dat hy kennis van die situasie dra en dat ’n saak reeds op 11 Augustus geopen is.

Intussen is die saak vir verdere ondersoek na die raad van die Nasionale Diere­beskermingsvereniging (NDBV) verwys.

Dr. Bryce Marock, ’n veeartsenykundige konsultant in dié raad, sê met die NDBV se voorlopige ondersoek is bevind dat van die diere gevrek het weens strawwe rookinaseming nadat verwoestende veldbrande in die omgewing gewoed het.

“Hoewel geen sigbare brandwonde aan die dooie diere was nie, is gevind dat die voortdurende inaseming van rook die dood van die diere kon veroorsaak het.”

Die ondersoek het ook bevind dat daar wel water vir die diere beskikbaar is en dat die SANW weens die swak veldgehalte bykomende voer en soutlek verskaf.

“Ons moniteer die situasie noukeurig en het op 1 September weer inspeksie gedoen. Ons kan byvoeg dat die SANW sy volle samewerking gee.”


VrystaatKroon
het kol. Luxolo Ngwadla, hoof van die skool van ingenieurs in Kroonstad, vir kommentaar oor die aangeleentheid probeer nader, maar kon nog nie tot dusver met hom kontak maak nie.

You need to be Logged In to leave a comment.