Vrees moenie regeer

Lees Lukas 22:39-44 en Psalm 23:4.


Lees Lukas 22:39-44 en Psalm 23:4.

In die evangelies word baie gesigsuitdrukkings van Jesus beskryf. Jesus wat glimlag, wat hartseer is en wat soms huil.

Hy het ook soms ’n streng uitdrukking gehad.

Wanneer ons egter lees dat Jesus op ’n keer doodsbenoud was, maak dit ’n mens ongemaklik. Ons is dié wat bang mag word. Nie Hy nie.

Ons lees dat daar trane aan sy wange was en dat sy sweet soos bloeddruppels op die grond geval het.

Kinders moet bang wees vir dinge: hoogtes waar hulle kan afval, goed wat hulle kan seermaak, groot goed wat dalk op hulle kan val, ’n warm plaat wat hulle kan brand. Ons leer ons kinders om versigtig te wees, anders kan hulle seerkry.

So is dit ook goed dat ons bang word – wanneer ons die koerant lees, of nuus kyk of berigte hoor oor dinge wat ons land en ons kan seermaak. Daar kom egter ’n punt waarop vrees jou só oorweldig dat jy eintlik net verstar; dat jy niks kan doen nie.

En selfs wanneer vrees ons tot aksie aanspoor, moet dit nie gerig word deur ons vrese nie, maar deur ons liefde.

Eeue voor die nag van doodsangs van Jesus, maan Dawid ons om dieselfde te doen: “Al gaan ek deur die dal van doodskaduwee, ek sal nie bang wees nie.” Hy het geweet waar sy hulp vandaan kom: “U is by my. In u hande is ek veilig.”

Gebed

Here, kom draai my vrese in U in. Amen.

  • Müller is leraar aan die NG Moedergemeente Kroonstad.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.