Voortrekker dra die kroon as beste atletiekskool in VS

Die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem is Saterdag weer soos verlede jaar as die nommer een atletiekskool in die Vrystaat gekroon. ’n Ryk medalje-oes tydens die Vrystaat-atletiekbyeenkoms vir hoërskole was die oorsaak vir die groot eer.

Puik tye en afstande van die Voortrekker-atlete het vir die skool 63 medaljes, waarvan 30 goud, 16 silwer en 17 brons was, gewen.

’n Totaal van 188 skole van uit die Vrystaat heen het Saterdag in Sasolburg aan die atletiekbyeenkoms deelgeneem.

Carise van Rooyen, het in die meisies o.16 ‘n eerste plek in die 2000 m hindernis verwerf e nook ‘n nuwe rekord opgestel. Sy het ook in die 3000 m ‘n eerste plek verwerf.

Carise van Rooyen, het in die meisies o.16 ‘n eerste plek in die 2000 m hindernis verwerf e nook ‘n nuwe rekord opgestel. Sy het ook in die 3000 m ‘n eerste plek verwerf.

Voortrekker se Lisa Rautenbach, ‘n o.15-veldatleet het in gewigstoot en diskusgooi die eerste plekke behaal. Carla Britz, het in die 800 m, 1500 m en 3000 m vir o.14-meisies, goud in al drie nommers gewen. In die 2000 m-hindernis vir o.16’s het Carise van Rooyen, nie net die eerste plek behaal nie, maar ook ‘n nuwe rekord van 07:32:89 opgestel.

Immanuel Veitch, het in die 200 m en 400 m vir seuns o.17 die eerste plekke behaal. Andaline Warren het die 5 000 m-staprekord na 29:13:93 verbeter. 

Voortrekker se aflospanne het puik gevaar en het drie goud, drie silwer- en twee bronsmedaljes verower met die skare behoorlik aan hulle voete.

In die meisies o.14, 800 m, 1500 m en 3000 m nomme

In die meisies o.14, 800 m, 1500 m en 3000 m nommers het Carla Britz, van Voortrekker die eerste plekke behaal.

Andi Wolmarans, atletiekhoof en afrigter van Voortrekker sê die atlete se toewyding en liefde vir die sport het verseker vrugte afgewerp en hy is baie dankbaar vir elke afrigter vir hul kundigheid en toewyding om sukses te verseker.

Die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein was in die tweede plek met Grey College in die derde plek.

Immanuel Veitch, het in die seuns o.17, 200 en 400 m goue medaljes verwerf.

Immanuel Veitch, het in die seuns o.17, 200 en 400 m goue medaljes verwerf.

You need to be Logged In to leave a comment.