Saam met sjef Andries van Rolkem op die Vrystaatse Vrouelandbou-unie (VVLU) se jaarkongres in Bloemfontein is van links Louren Roux, Catrien Koekemoer en Louisa Jonker (al drie lede van die Koppies-tak van die Vroulandbou-unie). Lede van dié tak het verskeie eerbewyse op die kongres ontvang.Foto: Verskaf


Lede van die Koppies-tak van die Vrouelandbou-unie (VLU) het weer hul vernuf en vindingrykheid op provinsiale vlak bewys.

Hulle het met verskeie eerbewyse weggestap van die Vrystaatse Vrouelandbou-unie (VVLU) se 94ste jaarkongres, wat op 4 en 5 September in Bloemfontein gehou is.

Catrien Koekemoer, Louisa Jonker en Louren Roux van die Koppies-tak het die geleentheid bygewoon.

Hier is Jonker met ’n tweede plek vir blommerangskikking en ’n derde plek vir haar Vrystaat Miami-smoor erken.

Onder die veerkragtige vroue het Estie Oosthuizen met haar borduurwerk, Louren Roux met ’n gehekelde inkopiesak, Kerilee Boden met fotografie en Elmarie Oosthuizen met haar prosa kongres-vlak gehaal.

Die VVLU bestaan uit agt areas, en die Koppies-tak is deel van area een.

Hanri Cilliers van Kroonstad, ’n lid van die uitvoerende bestuur van area een, het ’n trofee in ontvangs geneem namens hierdie area, wat op die kongres as die wen-area aangekondig is.

You need to be Logged In to leave a comment.