Die Primêre Skool Jordania in Bethlehem in die Oos-Vrystaat is ’n trotse, waardegedrewe skool wat leerlinge toerus met vaardighede om ’n verskil te maak. Daar is 880 leerlinge in die skool vanaf gr. R tot gr. 7 en 63 toegewyde personeellede wat onderwys-, administratiewe- en terreinpersoneel insluit.
Elke leerling by Jordania kry die geleentheid om akademies tot sy of haar volle potensiaal te ontwikkel.
Akademie bly die top-prioriteit by die skool.
Die leerlinge presteer gewoonlik uitstekend en ’n hoë akademiese standaard word deur die onderwysers en leerlinge gehandhaaf.
Waar moontlik word uitstappies ook deur die jaar vir alle grade aangebied en ons jaarlikse akademiese toer is ’n groot geleentheid op ons skool se kalender. Tydens die afgelope twee jaar se departementele wiskunde- en wetenskapkompetisies het ons uitstekend gevaar en bo ander skole uitgetroon.
Op sportgebied is Jordania nog altyd ’n krag om mee rekening te hou.
Die skool het ’n trotse 100%-tradisie waar elke leerling 100% vir hul skool, spanmaat en hulself gee.
Verskeie sportsoorte word aangebied om Leerlinge word die geleenthedeheid te geegegee om verskeie sportsoorte te beoefen.
Dié sportsoorte sluit in: atletiek, netbal, rugby, krieket, hokkie vir dogters en seuns, tennis, skaak, landloop en bergfietsry. Jorries geniet dit baie om deel te neem en aktief te bly.
Leerlinge kry ook die geleentheid om op ’n kultuurvlak te presteer en deel te neem. Hulle neem deel aan die junior- en seniorkoor, asook kuns, musiekblyspel, redenaars, spreekkoor, Voortrekkers en pompoms.
By Jordania word daar gepoog om ’n positiewe, opvoedkundige atmosfeer te kweek.
Ons jaartema vir 2024 is “Jorries is helde” – waar ons gaan fokus op karakterbou deur die aanleer en versterking van ons skool se waardes.
Leerlinge word geïnspireer om 100% Jorries te wees en om in die gemeenskap hul waardes uit te leef om van die samelewing ’n beter plek te maak.