VLU rol moue op vir 2024

Die Koppies-tak van die Vrouelandbou-unie (VLU) het die jaar op ’n hoë noot begin, met ’n bemoedigende boodskap wat aansluit by die tema vir die jaar: “Kaalvoet dapperheid”.

Lede van die Koppies-tak van die Vrouelandbou-unie (VLU) op die Koppies Rally-saamtrek by Greenlands op 20 Januarie. Hulle het roosterbroodjies van 35 brode gemaak, wat vir geldinsameling verkoop is. Van links is Elmarie Oosthuizen, Ursula Mitras, Estie Oosthuizen en Kerilee Boden.Foto: Verksaf

Credit: SYSTEM

Die Koppies-tak van die Vrouelandbou-unie (VLU) het die jaar op ’n hoë noot begin, met ’n bemoedigende boodskap wat aansluit by die tema vir die jaar: “Kaalvoet dapperheid”.

Annatjie Oosthuizen het dié nuwejaarsboodskap op die eerste vergadering vir die jaar, op Woensdag 24 Januarie, gelewer.

“Moenie terugkyk na verlede jaar nie – dit is verby, kyk vorentoe na wat op pad is,” het sy gesê.

“Ons is opgewonde oor die jaar, met ’n vol program wat beplan is,” sê Catrien Koekemoer van die Koppies-tak.

“Lede kan na baie interessante en leersame vergaderings uitsien.”

Intussen het die Koppies-tak ook baie hard gewerk vir geldinsameling tydens die Koppies Rally-saamtrek wat op 20 Januarie by Greenlands aangebied is. Daar het lede 35 brode se roosterbroodjies gemaak en verkoop.

Die tak nooi alle belangstellendes om die volgende vergadering, op Woensdag 21 Februarie, by te woon. Bel Koekemoer by 071-155-0848 of Elsa Jonker by 084-600-6012 vir inligting.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.