Vliegtuig doen noodlanding op N1 by Kroonstad

Die noodlanding van ‘n ligte vliegtuig op die N1-hoofweg net buite Kroonstad vanoggend het die Kroonstad-gemeenskap aan die gons.


Die noodlanding van ‘n ligte vliegtuig op die N1-hoofweg net buite Kroonstad vanoggend het die gemeenskap aan die gons.

Die vliegtuig het glo vanaf die Randse Lughawe in Johannesburg gevlieg en in Kroonstad geland om petrol in te gooi. Kort nadat die vliegtuig hierna opgestyg het, het die vlieënier enjinprobleme ondervind en moes hy inderhaas  ‘n noodlanding op die  N1 uitgevoer.

Owerhede is na die toneel ontbied om die verkeer op die pad te reguleer en om die vliegtuig in te sleep.

Niemand is beseer nie en tans staan die vliegtuig voor die Jordaniapark-aftreeoord in die dorp om herstel te word. Die vliegtuig kon nie na die vliegveld in Kroonstad ingesleep word nie, weens die haglike toestand van die pad na die lughawe. 

VrystaatKroon het navrae aan die owerhede gerig en wag op terugvoering. Meer inligting volg wanneer dit beskikbaar raak.

noodlanding

Die ligte vliegtuig wat vanoggend ‘n noodlanding op die N1-hoofweg by Kroonstad uitgevoer het. Die vliegtuig staan voor die Jordaniapark-aftreeoord. Foto: Verskaf
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.