VKB is die trotse hoofborg van die VKB Rugbyweke, wat in samewerking met die Hoërskool Reitz en Hoërskool Wilgerivier aangebied word.
Jaarliks word daar nuwe talent, ontwikkeling, geleenthede en gesonde mededinging by die rugbyweke ontgin.
Talentontwikkeling op skoolvlak is iets wat vir die VKB-groep uiters belangrik is en dit is vir hulle ’n voorreg om deel te kan wees van inisiatiewe, soos die VKB Rugbyweke, wat geleenthede vir die ontwikkeling van jong sportsterre bied.
Boonop is dit ’n lekker ekonomiese inspuiting vir die omgewing.
VKB reken sport bring ’n samehorigheid tussen mense, met soveel voorbeelde van hoe dit ’n positiewe impak op gemeenskappe kan hê.
“Rugby het ’n spesiale plek in die harte van Suid-Afrikaners en is nie net ’n spel nie, maar deel van die kultuur en erfenis.”
Suid-Afrikaanse rugbytalent kom uit alle oorde, met talle voorbeelde van spelers wat die Springbokke met eer verteenwoordig wat uit die platteland of ander plekke buite die hoofstroom van Suid-Afrikaanse ontdek word.
Die VKB Rugbyweke bied ’n platvorm en is ’n belangrike deel van die Suid-Afrikaanse rugby-ekostelsel waar talent uit stedelike en plattelandse gebiede geleenthede gegee word om hul talente uit te leef en die volgende stap in hul loopbane te gee.
Dit is juis een van die redes waarom die VKB Rugbyweke so belangrik is en waarom VKB trots is om die weke te kan ondersteun. “Gesonde kompetisie in ’n mededingende omgewing is die teelaarde vir die volgende geslag se wêreldkampioene wat uit ons gemeenskappe gaan kom.”
Vir die afgelope 25 jaar word die rugbyweke insamewerking met die Hoërskool Reitz en die Hoërskool Wilgerivier aangebied.
Vanjaar sal die o.13-rugbytoernooi van 13 tot 15 Julie en die o.16-toernooi van 16 tot 19 Julie in Frankfort plaasvind.
Vir 25 jaar word die VKB Rugbyweek in Reitz aangebied insamewerking met die Hoërskool Reitz waar Hoërskool Wilgerivier se 0/13 week vir die 23ste jaar aangebied word en die o/16 week vir die 18de jaar.VKB bedank graag elke speler, afrigter en spanbestuurder vir hul voorbereiding en toewyding.
Ook ’n woord van dank aan die skole, personeel en organiseerders vir hul opofferings om die onderskeie VKB-rugbyweke ’n realiteit te maak.