Axinia Sethabela van die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein sê die somerweer wat reeds in September oor die Vrystaat heen ervaar word, sal dié week voortduur. Matige tot baie warm weerstoestande met temperature van ongeveer 30 °C word voorspel. Donderbuie kan moontlik later in die week oor dele van die provinsie voorkom, maar geen reën word voorspel nie. Dié skilderagtige sonsondergang is op die plaas Almakop, in die Warden-distrik van die Noordoos-Vrystaat, afgeneem.Foto: Marilou Corver


Vind vrede aan die einde van ’n lang dag

You need to be Logged In to leave a comment.