Die vyf Roemeense leeus wat uit haglike omstandighede gered en op 11 Augustus by die Lionsrock Big Cat Sanctuary buite Bethlehem vrygelaat is, is teen dié tyd al heel tuis in hul nuwe omgewing. “Die nuwe intrekkers by Lionsrock pas goed aan en het ’n soort nuuskierigheid om te sien hoe hul naaste bure soggens vaar. ’n Hegte band het tussen die vyf ontwikkel, wat hulle as trop saamsnoer. Dolf, die meer skugter mannetjiesleeu, het nou ook sy voete gevind en word gereeld op ’n leeupatrollie vanaf hul kamp saam met die broers gesien,” sê Elize Parker, woordvoerder van Four Paws. Hier is vier van die vyf: Roman, Ellie, Geena en Vincent.Foto: Verskaf


Vind hul plekkie in die Suid-Afrikaanse son

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article