Viervoetiges baat by ope dag, skenkings

Die DBV in Kroonstad hou Saterdag (28/05) ’n ope dag sodat besoekers die personeel, komiteelede en diere kan ontmoet.


Die DBV in Kroonstad hou Saterdag (28/05) ’n ope dag sodat besoekers die personeel, komiteelede en diere kan ontmoet.

Op dié geleentheid kan mense meer oor die DBV se bedrywighede leer. Vermaak word ook beplan. ’n Verskeidenheid stalletjies kan verwag word, en besoekers kan aan ’n 5 km-pretdraf deelneem.

Die geleentheid sal van 08:00 tot 14:00 op die DBV se terrein in Kroonstad aangebied word. Die opbrengs sal ten bate van die DBV aangewend word.

Belangstellendes kan 056-110-0041 skakel.

  • Die DBV in Bethlehem het die gemeen­skap se hulp nodig om na diere om te sien.

“Ons het ’n groot tekort aan kos vir ons diere en komberse vir die winter, wat op hande is,” sê Marius Dreyer, voorsitter van die plaaslike DBV.

Die vereniging is afhanklik van skenkings om sy bedrywighede vlot te laat verloop.

Enigeen wat ’n skenking wil doen, kan dit by die DBV se perseel in Wittebergstraat, Bethlehem, aflewer. Belangstellendes kan 058-303-3998 skakel om meer inligting te bekom of reëlings te tref.

You need to be Logged In to leave a comment.