Inwoners van die Huis Edelkroon-tehuis vir bejaardes het hande gevat om vanjaar se Kersversierings te behartig. Van links is Brenda Gouws (bestuurder van die tehuis), Gerda van der Merwe en Anita Geldenhuys (albei inwoners). Foto: Verskaf


Inwoners van die Huis Edelkroon-tehuis vir bejaardes het hande gevat om vanjaar se Kersversierings te behartig. Van links is Brenda Gouws (bestuurder van die tehuis), Gerda van der Merwe en Anita Geldenhuys (albei inwoners). Foto: Verskaf

Inwoners van Huis Edelkroon in Kroonstad het die geleentheid gekry om die bome in die park van die tehuis vir Kersfees te versier. Van links is Deacon Meyer, Anton Prins, Dawid van der Merwe en Johan Geldenhuys. Foto: Verskaf

Anita Geldenhuys (links) en Gerda van der Merwe versier die bankie van die park by Huis Edelkroon-tehuis vir bejaardes met liggies. Die jaarlikse tradisie is dat elke inwoner van die tehuis by die Soeterus-area ’n boom kies wat hulle self as deel van die Kersfeesvieringe versier. Foto: Verskaf

Die week van 2 Desember was ’n miernes van bedrywighede by die Huis Edelkroon-tehuis vir bejaardes in Kroonstad.

Soos elke jaar word die park van dié tehuis by die Soeterus-area met Kersversierings deur die inwoners versier.

Die tradisie is dat elke inwoner ’n boom in die park kan kies om te versier vir die feestyd wat voorlê.

“Inwoners is regtig baie opgewonde oor die geleentheid en geniet die samesyn wat die opmaak van die bome bring. Hulle het vir seker baie moeite daarmee gedoen,” sê Brenda Gouws, bestuurder van die tehuis.

Gouws is sedert Junie vanjaar aan stuur van die tehuis.

Op Donderdagaand 5 Desember het al die inwoners by die park bymekaargekom toe die liggies aangeskakel is.

Die tuin is in ’n lus vir die oog omskep.

Gouws het van hierdie geleentheid gebruik gemaak om die gemeenskap te bedank vir al die geskenke wat vir die inwoners afgelewer is.

“Dit is vir ons ’n riem onder die hart om te weet dat die gemeenskap so baie vir ons inwoners omgee en Kersfees vir hulle spesiaal wil maak.”

You need to be Logged In to leave a comment.