Kroonstadters skud hul vere reg vir die tweede Ignite and Revive-familiefees, wat die eerste naweek in September sal plaasvind.
Daar heers ’groot opgewondenheid en die organiseerders, borge en alle belanghebbendes is hard aan die werk om weer ’n heerlike fees te beplan.
Vanjaar gaan die geleentheid op die ou Rooiskool-terrein plaasvind, en organiseerders belowe dat dit geensins sal afsteek teenoor verlede jaar se fees nie.
Boonop is dit ’n lekker ekonomiese inspuiting vir die dorp, en besoekers word van oraloor genooi om saam te kom kuier.
Die program spog met topkunstenaars wat kom optree, ’n reuse landbou-uitstalling en vele meer om oud en jonk te vermaak.
’n Groot verskeidenheid kosstalletjies sal die honger kan stil en daar sal iets vir elkeen se smaak wees.
Plaaslik gebroude bier sal te koop aangebied word, en ’n kuier- en jenewer gin-tent om die dors te les en ’n stylvolle teetuin is van die ontspanning wat beplan word.
Entrepreneurs word vanjaar die geleentheid gebied om hul produkte aan besoekers ten toon te stel.
Nooi dus al die familie en vriende om nie dié lekker geleentheid, ’n hoogtepunt op Kroonstad se sosiale kalender, mis te loop nie. Sien julle begin September in Kroonstad!