Die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem se leerlingraad het hul skoolhoof se 57ste verjaardag onvergeetlik gemaak. Toe Gys Coetzee op Donderdag 10 Februarie in ’n 1983-Jaguar XJS V12 – wat spesiaal vir die geleentheid gereël is – by die skool aankom, het leerlinge, personeel en ouers ’n erewag gevorm om hom te verwelkom. Daarna is hy op ’n ontbyt saam met die leerlingraad trakteer.Foto: Verskaf