Vier vas oor perlemoen

Verdagtes het in die landdroshof in Kroonstad verskyn nadat hulle met perlemoen van R22 miljoen betrap is.


Verdagtes het in die landdroshof in Kroonstad verskyn nadat hulle met perlemoen van R22 miljoen betrap is.

Deshar Dasram (34), Bernard Myburgh (39), Fu Lin (37) en Husin Adam (50) was Vrydag (08/07) voor die Kroonstadse landdroshof vir die besit van perlemoen ter waarde van R22 miljoen, asook R25 000 kontant.

Op 5 Julie het die Valke en die span vir die bekamping van ernstige georganiseerde misdaad die verdagtes in samewerking met die Kroonstad-hoofweg­patrollie by Kroonstad vasgetrek.

Dit het gekom nadat hulle inligting ontvang het van perlemoen wat van die Vrystaat na Gauteng vervoer word. Die owerhede het ’n vragmotor gevolg en by ’n vulstasie in Kroonstad gestop.

Die polisie het op 8 381 stuks perlemoen en kontant beslag gelê. Die 50-jarige bestuurder is op die toneel in hegtenis geneem en die ander verdagtes is die volgende dag vasgetrek.

Die saak word verder ondersoek en al die verdagtes sal weer vandag (13/07) vir aansoek om borgtog in die Kroonstadse landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.