Ter viering van Paasfees is Inwoners van die Sonskyn-dienssentrum in Bethlehem op Woensdag 13 April op ’n ete trakteer. Die eetsaal is met verskeie Paasfees-uitstallings versier om die regte atmosfeer vir die geleentheid te skep. “Paasfees is vir ons almal ’n spesiale geleentheid,” sê Annemie Bosman, sentrumbestuurder. “Daarom probeer ons dit vir ons mense so spesiaal moontlik maak.” Op die geleentheid is, van links, Selina Radebe (personeellid), Margaret Wiese (personeellid), Teresa Viljoen (inwoner), Bettie Olivier (inwoner) en Retha du Toit (inwoner).Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM