Video maak opslae

’n Video waarin ’n seuntjie gedwing word om sy kos te eet het nie net in Kroonstad nie, maar oraloor wye reaksie ontlok.


’n Video waarin ’n seuntjie gedwing word om sy kos te eet het nie net in Kroonstad nie, maar oraloor wye reaksie ontlok.

In dié video, wat wyd op die sosiale media gedeel is, kan duidelik gesien word hoe ’n peuter gedwing word om te eet. Die seuntjie huil, maar steeds word kos in sy mond gesit.

Mense kon nie glo hoe die kind behandel word nie. Hulle was woedend.

Die ma van die seuntjie sê sy het besluit om dié video te maak en te deel, omdat sy nie wil hê ander kinders moet aan soortgelyke trauma blootgestel word nie.

Die kleuterskoolhoof het die kind hardhandig hanteer en gedwing om te eet tot hy naar word. Hierdie inligting is nou deel van ’n polisieondersoek wat sal bepaal of die vrou vervolg sal word.

Dié voorval laat opnuut die fokus op die reëls en regulasies waaraan kleuterskole en dagsorgsentrums moet voldoen, val. Hierdie reëls en standaarde word duidelik uiteengesit in die Kinderwet (Wet 38 van 2005).

As ’n skooltjie as ’n kleuterskool bedryf word en so geregistreer is, moet die onderwysers behoorlik gekwalifiseer wees. Dié wet verduidelik presies wat al die regulasies behels soos byvoorbeeld hoeveel kinders in die kleuterskool mag wees en hoeveel ruimte vir elke kind in die skool beskikbaar moet wees.

Dit is belangrik dat ouers hierdie inligting moet navors voordat hulle ’n kleuterskool, dagsorg of enige ander plek waar hulle hul kinders wil los, oorweeg.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.