Veterane na geselligheid genooi

Die Veterane-bystandfonds lei ’n uitreik-veldtog na alle provinsies in Suid-Afrika en bied as deel hiervan gratis maaltye, musiek, bederf­pakkies en inkopie-geskenkbewyse eksklusief aan nasionalediensplig­veterane.

Veterane word genooi om van hierdie bederf-geleenthede, op 25 September in Bloemfontein of op 26 September in Kroonstad, gratis by te woon.

Belangstellendes word gevra om hul identiteitsdokument en kaart van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) saam te bring om ’n gratis inkopie-bewys van R500 te ontvang. Veterane wat nie Sassa-pensioentrekkers is nie, kan ook die gesellighede bywoon. Bespreek plek deur die woord “Bloemfontein” of “Kroonstad” na 31429 te SMS.

Die geleenthede is slegs vir nasionaledienspligveterane wat as skoolverlaters destyds deur die wet verplig is om diensplig te verrig.

Vir meer inligting besoek veteranebystandfonds.co.za, of kontak die kantoor by 064-705-2262. ’n SMS kan oor gestuur word na 31429.

You need to be Logged In to leave a comment.