Buitengewoon goeie reënval is sedert die begin van die reënseisoen in die Noord- en Oos-Vrystaat aangeteken. Teen die einde van verlede jaar het Isoldé Laesecke 921 mm in die Bethlehem-omgewing gemeet, teenoor 915 mm vir 2021. Die gemiddelde reënval hier is 693 mm. In die eerste week van Januarie het dit boonop 61 mm in die omgewing gereën. Len Smith van Kroonstad sê die gemiddelde reënval van vir Kroonstad en omgewing is 635 mm per jaar, en vir 2022 het hy 1 274 mm gemeet. Dit is meer as dubbeld die gemiddelde reënvalsyfer. Vir Januarie 2023 het hy 24 mm reën teenoor verlede jaar se 89 mm vir dieselfde tydperk gemeet. Dié foto is Vrydag (06/01) buite Bethlehem geneem waar water uit ?’n plaasdam ná ’n reënbui oor die grondpad spoel.Foto: Madli Grobbelaar


Verwelkom jaar met goeie reënval

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article