Ysige weer het meeste Suid-Afrikaners hierdie week begroet, met sneeu neerslae vanaf die Wes-Kaap, Oos-Vrystaat, Gauteng en Mpumalanga. Die wêreld is in sprokieswit getooi. Dié foto is op Almakoplaas buite Warden in die Noordoos-Vrystaat op Maandag (10/07) geneem. Die waterbak was solied gevries en dit was -7 °C toe die foto geneem is. Foto: Marilou Corver

Credit: SYSTEM