Vertrou ons volkome op die Here?

Vertrou ons volkome op die Here? – Lees: Spreuke 3:5.


Vertrou ons volkome op die Here? – Lees: Spreuke 3:5

Lees die verhaal en plaas jouself in die persoon se skoene.

In hierdie Wilde Weste verhale word daar van ‘n man vertel wat deur ‘n bepaalde woeste woestyn geswerf het. Hy het vir ‘n paar dae in hierdie woestyn rondgeswerf en sy waterbottel was dolleeg en daar was geen hoop om water binne die volgende 200 kilometer water te vind nie.

So met sy rondswerf, kom hy skielik op ‘n waterpomp af. Aan die waterpomp was daar ‘n bakpoeierblikkie met ‘n stuk bloudraad vasgemaak en binne-in die blikkie was daar ‘n briefie – vergeel met die ouderdom. Duidelik ‘n briefie wat daar geplaas is jare gelede.

‘n Briefie wat soos volg gelui het: “Hierdie pomp werk. Dit werk al die laaste dertig jaar. Dit moet net gevoer word. Onder die groot klip regs van die pomp het ek ? bottel met water in die koelte met die prop na bo begrawe. Gooi eers die helfte van die water stadig in die pomp sodat die wasters kan week. Gooi dan die res in die pomp vir ? vale en jy sal water kry om te drink. Vertrou my.

Wanneer jy jou dors ten volle geles het en jou waterbottel volgemaak het, maak die bottel weer vol en begrawe dit in die koelte onder die klip, prop na bo, vir die volgende dorstige wat hier verby mag gaan. Geteken, Desert Pete.

Onder aan die brief was daar egter ook ‘n naskrif: Moet asb. nou nie die water uit die bottel drink nie anders gaan jy niks uit die pomp kry nie!

Die vraag is: Sou jy vir Desert Peter vertrou het?

Die verhaal stop egter nie hier nie.

In hierdie verhaal word vertel dat hierdie man dit gedoen het wat die briefie in die bakpoeierblikkie gesê het. Hy het Desert Pete vertrou en al die water gekry wat hy nodig gehad het en selfs ook nog meer.

Die vraag is egter vertou ons op die Here soos die man op Dessert Peter vertrou het?

Dr. Hannes de Kock – leraar aan die NG Kerk Bethlehem -Noord.

You need to be Logged In to leave a comment.