Verspreide donderbuie laat sommige boere met hewige skade

Terwyl talle Vrystaatse boere ’n sug van verligting slaak nadat verspreide donderbuie op Woensdag 6 Desember oor die Vrystaat heen voorgekom het, het sommige boere weens weerlig en hael groot verliese gelei.


Terwyl talle Vrystaatse boere ’n sug van verligting slaak nadat verspreide donderbuie op Woensdag 6 Desember oor die Vrystaat heen voorgekom het, het sommige boere weens weerlig en hael groot verliese gelei.

Kempen Nel, Vrystaat Landbou-streekverteenwoordiger in die Letsemeng-distrik, noem dat twee boere van die distrik se koringlande deur weerlig aan die brand geslaan is.

In die Marquard-omgewing het verskeie boere groot skade aan hul aanplantings gehad weens ’n haelbui. Een boer het 100% skade gelei en sal weer moet aanplant. Tussen 25 mm tot 60 mm reën het in die omgewing uitgesak.

Volgens Hugo van Doornick, Vrystaat Landbou-streekverteenwoordiger in die Dihlabeng-distrik, het tussen 8 mm en 19 mm reën noord van Bethlehem voorgekom terwyl 24 mm en minder tussen Clarens en Fouriesburg voorgekom het.

“Sommige boere by Slabbert het tot soveel as 53 mm reën gekry. Ons is baie dankbaar vir die goeie reën. Dit was bitter droog en gesaaides het baie swaar getrek. Weiding het ook minder geraak, maar die vee lyk darem nog goed.”

Die Wes-Vrystaat, wat areas soos Hertzogville en Wesselsbron insluit, het geen reën ontvang nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.