Die jaarlikse R5-gemeenskapsprojek van die leerlingraad en uitvoerende komitee van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem is Saterdag (20/08) aangebied. Die leerlinge het aan lede van die publiek ’n R5 geskenk in ruil vir niebederfbare produkte wat aan minder bevoorregte en behoeftige mense in die gemeenskap oorhandig sal word. “Ons is baie dankbaar vir almal wat die projek ondersteun het, om só ’n verskil in ons gemeenskap te maak,” sê Gustav Dreyer, bemarkingshoof. Van links is Jacques du Preez, Stefan Boshoff, Willem Viljoen, Wayne Matthysen, Carli Grové, Anke Bruwer, Amanda Casal en Thato Mofokeng, almal lede van die leerlingraad en uitvoerende komitee.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM