Veroorsaak nare verrassing

Veroorsaak nare verrassing

’n Voertuig het, nadat die petrolpedaal vasgehaak en die bestuurder beheer oor die motor verloor het, binne ’n bekende versekeringsmakelaar se gebou in Kroonstad tot stilstand gekom. Die voertuig is deur die praktyk se ruit en deur twee kantore voordat dit tot stilstand gekom het. Die ongeluk het op 20 April net voor 08:00 die oggend plaasgevind. André Joubert van die praktyk spot en sê mense reken nou dat hy die enigste versekeringsmakelaar is wat ’n deurry-diens aanbied. Hy is baie dankbaar dat niemand op kantoor was nie en dat almal in die voorval ongedeerd is. Die glaspanele is dieselfde dag nog vervang, terwyl herstelwerk steeds aan die kantoorruimte gedoen word.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

Veroorsaak nare verrassing

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.