Vermaak uit boonste rak op pad

Groot opwinding heers oor vanjaar se Ignite and Revive-familiefees, wat spog met ’n vol program met verskeie nuutjies en verwikkelinge.


Groot opwinding heers oor vanjaar se Ignite and Revive-familiefees, wat spog met ’n vol program met verskeie nuutjies en verwikkelinge.

Alle sportspanne in Kroonstad en omgewing word byvoorbeeld genooi om aan 2024 se Kroonstad TENS-toernooi deel te neem. Die toernooi, wat as deel van die fees aangebied word, word in samewerking met die George TENS-sportfees en Ultimate Sports Nutrition (USN) aangebied.

Rugby-, netbal- en ringbalspanne kan hulle inskryf om aan te sluit by die opwinding van die eerste Kroonstad TENS-toernooi, wat deur verskeie oud-Springbok-rugbyspelers bygewoon sal word.

Spanne wat aan die toernooi deelneem, kry gratis toegang na die fees.

Feesgangers kan ook uitsien na ’n boogskietvertoning deur Jan Vorster van die Centreshot-boogskietklub in Kroonstad, ’n jeugskou, ATKV-produksies vir kinders en volwassenes, ’n dekor-mark vir vroue, ’n groot verskeidenheid kindervermaak, ’n tee- en kuiertuin, entrepreneurs-stalletjies, buite-uitstallers en landboustalletjies.

Rugbygeesdriftiges hoef nie bekommerd te wees nie: Die Springbokke se wedstryd teen die All Blacks sal van 17:00 tot 19:00 op ’n groot skerm op die feesterrein vertoon word.

Sangers wat sal optree, is: Demi Lee Moore, Riaan Benade, Die Piesangskille, Carma, Carmen Basson, Jemma Catherine, Alter Ego, Dodo, Ruhan du Toit en Spoegwolf.

Die feesnaweek word afgesluit met ’n kerkdiens die Sondagoggend waar The Shelter met Bernice West, Johan Voster, Jacomien en Arnold de Wet sal optree.

Die fees word van Vrydag 30 Augustus tot Sondag 1 September op die North High-skoolterrein (die ou Rooiskool) aangebied.

Die Ignite and Revive-feesbestuur bedank elke borg wat betrokke is vir hul bydraes en insette.

Vir besonderhede stuur e-pos na info@igniteandrevive.co.za. Bel André van Pletzen by 082-785-5130, Megan Botha by 082-255-8340 of Quintin Geldenhuys by 082-476-6170.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.